Print

Services - Leisure & Adventure Activities - Archery

Foto Marius NortjeDie Protea boogskutspan kaptein Benito van Leeuwen van Loskopdam trek die snare styf met die vissier ingestel op die teiken.BERIG.Die jaarlikse Nasionale Boogskut Kampioenskap was deur die Wesrandse Archery Klub aangebied. Hierdie kampioenskap het plaasgevind by die Konka Kampe en Konferensie sentrum so halfpad tussen Magaliesburg en Rustenburg. Volgens Mnr Jean Pierre Joubert die hoof baan offisier asook die persoon wat doie hele uitleg van idie baan gedoen het, is die plaas van die Konka Kampe die ideaalste , want daar is uitstekende gerriewe. Die plaas het ook n stap vriendelike roete en hulle beoog ook altyd om die plaaslike besighede te ondersteun.Sowat 203 skuts het op Vrydag 30 November by die plaas opgedaag en die vooruitsig vir n lekker skiet naweek het maar bleek gelyk met die reen wat maar net nie wou ophou nie.Eers op Saterdagoggend 1 Desember, nadat die weer mooi bestudeer was en die vooruitsig vir nog reen baie min was, het die kampioenskap om 09h00 in aanvang geneem. Die rede vir die bekommernis is dat die 204 skuts reg oor die sowat 380ha plaas versprei word en indien daar ewe skielik swaar weerlig sou wees, dit die taak baie sou bemoeilik om almal veilig by die klubhuis te kry. Die son het sommer vroeg sy kop uitgeteek en gewys waarom daar gese word dat jy sonbrand olie moet aansit as jy in die son gaan. Hy het behoorlik jou gebrand en dit was op stadiums bloedig warm, maar dit het nie die entoesiasme ban die skuts gedemp nie. Die jongste deelnemer was 8jaar oud terwyl n 65 jarige man die oudste persoon was wat aan die kampioenskap deelgeneem het.Die kompetisie was in twee dele opgedeel nl die 2D en 3D. Die 2D was aan die een kant van die plaas in 28 teikens opgedeel terwyl die 3D aan die anderkant van die plaas ook in 28 teikens opgedeel was. Om te kwalifiseer vir nasionale kleure moet enige boogskut uit 28 teikens n minimum van 535 punte behaal. Die punte word ook dan so opgedeel 10 punte volpunte, 8 punte half punte en 0 vir misFoto Marius NortjeKyk nou net na daardie groepering van die vier skuts op die 3D kalkoen teiken.voor Stefan van der Linde (Pretoria) en die kaptein van die Protea boogskietspan Benito van Leeuwen (Loskopdam), agter Johan Pretorius (Noordwes) en Des Roome (Roodepoort) het n baie goeie groepering op die teiken geskiet.Foto Marius NortjePierre van Wyk van Pretoria het die teiken in sy vissier.Foto Marius NortjeEen van die Suid Afrkaanse vroue span boogskuts Jenny Wittstock van Edenvale hetook aan die kompetisie deelgeneem.Foto Marius NortjeKoert Pretorius (Pretoria), Herbert Maier (Krugersdorp), Marchet van Niekerk (Warmbad) en Leon Vermeulen (krugersdorp) staan by die 3D krokrdil teiken nadat hulle op die krok geskiet het voordat die pyle uitgetrek word.Foto Marius NortjeDie twaalfjarige Tiaan Terreblanche van Phalaborwa le aan op die teiken nadat hy n Robin Hood geskiet het. Vir diegene wat nie weet wat dit beteken nie, dit is wanneer jy een pyl 100% binne in die agterkant van die ander pyl inskiet en die twee pyle word dan inderwaarheid een pyl.Foto Marius NortjeTwee boe staan op die grond en wag vir hulle eienaars om hull eop te tel sodat n pyl deur hulle teen n minnimum spod van 300ft/sek geskiet kan word.Foto Marius NortjeEen van die skuts skiet op die 3D teiken van n leeu in die agtergrond. As julle mooi na die prentjie kyk en oplet na waar die bos n V maak, is daar n liggroen kol in die middel van die V. Dit is die pyl wat oppad is na die 3D teiken wat in die lug vasgevang is.Foto Marius NortjeDie vier skuts in die tradisonele boogskut afdeling staan langs die teiken met die koker vol pyle wat oor die teiken hang. Hulle is vlnr Mnr Jan Wahl, Leanie Steinberg en Francois Lutter van Pretoria en Piet Wolmarans (heel regs).Foto Marius NortjeMe Leanie Steinberg van Pretoria het die skoner geslag in die tradisionele afdeling goed verteenwoordig.Foto Marius NortjeEen van die skuts le aan op die teiken sowat 45 foet verder onder in die dip.Foto Marius NortjeMnr Ronnie Human van Pretoria le aan op sy teiken bo op die koppie in die Tradisionele boogskut klas.Foto Marius NortjeMe Wilma de Beer van Rustenburg staan rustig langs die Hex rivier in die bos en mik na die teiken.Foto Marius NortjeMnr Eddie Roux van Aldays staan rustig langs die Hex rivier in die bos en mik na die teiken.Foto Marius NortjeDie 8 jarige Boeta Roux al die pad vanaf Tolwe was die jongste deelnemer tydens die kpompetisie en hier le die knapie aan om nog n teiken suksesvol raak te skiet om te probeer om maksimum punte te behaal.

Follow Us On Twitter

  • over a year ago

Follow us on Facebook